Vertaling van die lied van Juanita Perreira
O, Diep Rivier, O Donker Stroom,
Hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom,
die lem van liefde wroegend in my hart?
– In jou omhelsing eindig al my smart;
blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat; –
die groot verlange wat my nooit verlaat.
Ek sien van ver die glans van staal en goud,
ek hoor die sag gedruis van waters diep en koud;
ek hoor jou stem as fluistering in ’n droom,
kom snel, O Diep Rivier, O Donker Stroom.

